Akkommodasie & Fasiliteite

 
 

Die kamp bestaan uit twee hutte, vier permanente tenthuisies en drie tente, wat ideaal 35 mense in totaal kan akkommodeer.

 

Die besonderse klein bosveld wegbreek

Die twee gemeubuleerde hutte kan elk vier mense akkommodeer. (Een dubbelbed en twee enkelbeddens per hut) . Elke hut het sy eie badkamer.

Die permanente tentkamp bestaan uit vier tente, waarvan twee tente elk vier mense kan akkommodeer en die ander twee tente elk ses mense.

Daar is ook drie koepeltente wat op versoek opgeslaan kan word.  In een van die tente kan drie mense slaap terwyl die ander twee tente elk twee mense kan akkommodeer.

Die kamp het 'n spaswembad vir afkoel tydens daardie warm dae. Jy kan die boskar vir wildbesigtiging gebruik teen R150 vir die hele naweek of een van die bergfietse huur teen R20 per dag. Bordspeletjies en 'n biljardtafel  is by die sentrale lapa. Vra net Simba se hulp. Daar is twee braaibomas, een naby die kombuis en die ander langs die swembad.

Die kamp het ‘n sentrale badkamer, ten volle toegeruste kombuis (yskas, vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolf, broodrooster en ketel) en lapa met 'n ingeboude braai / vuurherd knus by een van die groot natuurlike klipkoppies. Vir die meer avontuurlustiges is daar ‘n bostoilet en opelugstort met warm water!

Beddens en matrasse word voorsien vir alle eenhede. Linne en komberse is beskikbaar teen R20 per persoon of jy kan jou eie saambring. Voorsiening word gemaak vir die bring van eie tente en/of woonwaens.

PS - U veiligheid is belangrik vir ons.

Bikibos word beveilig deur 'n elektriese heining, gekoppel aan 'n alarm en reaksiemag wat binne 4km vanaf Bikibos gelee is. Elke eenheid het 'n paniekknoppie. Ons behoort ook aan die Bosveld Polisierings Forum.

Klik hier vir ‘n Bikibos Inventaris Akkommodasie_en_Fasiliteite_files/INVENTARIS%20-%20BIKIBOS.xlsx