Welkom by Bikibos

 
 

BIKIBOS is geleë in die hart van die bosveld, met vrylopende Njala's, Blesbokke en kleinwild asook 'n groot verskeidenheid inheemse bome en voëls.

 

Die besonderse klein bosveld wegbreek

Bikibos het ’n pragtige boskamp en word omring deur ander wildplase slegs 'n uur se ry van Pretoria.

Bikibos is ideaal vir spanbou, bosberade, konferensies, familienaweke, rampartye of feesvier weg van die stad maar steeds op jou drumpel.

Simba en Fransie kan op aanvraag behulpsaam wees met takies soos vuurmaak, skottelgoed was en skoonmaak.

Kom ontspan in die rustige atmosfeer van die Noordwes bosveld.

Jou privaatheid is vir ons belangrik, daarom word BIKIBOS in sy geheel beskikbaar gestel en dus nie gedeel met ander groepe nie.

Bikibos huisves nyalas, blesbokke, duikers, steenbokke, rooiribbokke, dassies, verskeie voelspesies asook ander kleinwild.

Vinkel & Koljander, ons mak ganse, saam met ons tarentale en bloukop eende is in ons voelhok.